Die NAMPO ALFA Lewendehawe-, Jag- en Buitelewe-ekspo word vanjaar vir die eerste keer van 29 September tot 1 Oktober 2022 op NAMPO Park aangebied.

NAMPO Park is ideaal toegerus vir so ’n ekspo en besoekers sal vuurwapens op ’n skietbaan kan uittoets. Wat die 4×4-voertuie betref, sal besoekers die nuutste modelle kan toetsbestuur op ’n baan wat nie hoogs tegnies uitgelê is nie. Die ekspo kombineer ALFA, wat voorheen in Parys aangebied is en wat oor die afgelope vier jaar die grootste lewendehawe-ekspo in die land geword het, met ‘n opwindende jag- en buitelewe-afdeling. Die NAMPO ALFA-ekspo bied ALFA die geleentheid om uit te brei en selfs meer aan produsente te bied.

Indien enige van die volgende jou hart vinniger laat klop, is hierdie ekspo net buite Bothaville spesiaal vir jou:

  • Lewendehawe

  • Die buitelewe

  • Voertuie

  • Vuurwapens

Uitstallers is welkom om nou aansoek te doen

Uitstallers aansoeke

Vir enige navrae, kan u die volgende persone kontak:

Bennie Zaayman

Luzelle Botha

Carmen Visser